Mike Schussler is ‘n rock ‘n roll ekonoom. Slimmer as ‘n boom vol uile en nie bang om vir “The Powers That Be” op die vingers te tik nie. In hierdie episode gesels ons openlik oor die stand van Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte en oor wat die gewone man op straat te doen staan.